Worcester se De La Bat Skool vir Dowes spog met hul Afrikaans.com-muur

Elke Afrikaans.com-muurskilderye beeld die uniekheid uit van elke gemeenskap waar Afrikaans sy voetspoor laat. Die Worcestergemeenskap is hartlike en deernisvolle mense wat uitreik na ander en wat omgee vir mekaar. Hierdie muur dui op die verskeidenheid in hierdie gemengde landelike- en stadsgemeenskap en vier die skoonheid van die natuur wat ‘n mens so kleurryk in Afrikaans kan beskryf.

De La Bat Skool vir Dowes in Worcester het op 19 Oktober 2018 die onthulling van hul Afrikaanse muur tydens ’n uitbundige geleenheid gevier. Leerders was in die wolke oor HemelBesem, ambassadeur vir Afrikaans, se verrassingsoptrede wat met tolk en al diep in hul harte gekruip het. Simon Witbooi (HemelBesem) kon daarin slaag om hierdie hoogs ouditiewe genre aan leerders bekend te stel en die luide applous en meelewing was ‘n belewenis en ’n hoogtepunt vir talle leerders wat nog nooit so ’n ervaring gehad het nie.

Hierdie kleurvolle muurskildery dien as inspirasie en Afrikaans.com, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad (ATR) en FEDSAS het weer van die geleentheid gebruik gemaak om hierdie unieke gemeenskap van leerders opnuut trots te maak op hul taal en die belangrikheid van moedertaalonderrig is bevestig. Leerders is aangemoedig om Afrikaans te geniet en te gebruik en om groot te droom in hul moedertaal.


Die De La Bat Skool rus die die leerders toe deur effektiewe middele in te span wat dowe kinders en kinders met gehoorverlies kennis, vaardighede en waardes leer sodat hulle ’n volwaardige en vervullende lewe kan lei. De La Bat het ook ’n uitreikspan wat dienste lewer aan dertien hoofstroomskole. Die leerders is divers, ook in hul behoeftes en die hulpbronvoorsiening en ondersteuning op verskeie vlakke is kenmerkend aan die karakter van hierdie uitnemende skool.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *